Vroeg uit die vere met Dricus du Plessis

Ondersteuners in Suid-Afrika en Namibië gaan môre vroeg op wees om Dricus du Plessis se groot geveg te sien. Hy kom vyf-uur teen Sean Strickland in die middelgewig se Ultimate Fighter-kampioenskap in Toronto, Kanada te staan. Dit is Du Plessis se eerste titelgeveg in die UFC en sy Amerikaanse teenstander is die verdedigende kampioen. Die vegter van Pretoria is onoorwonne sedert hy vir die eerste keer in Oktober 2020 die kryt betree het.