Windhoek se bouplanne daal steeds

Die ekonomie en die boubedryf bly sukkel. Volgens IJG Sekuriteite was daar 141 goedgekeurde bouplanne vir Windhoek in November verlede jaar, 38 minder as in Oktober. Die planne was 79,4 miljoen Namibiese dollar werd, 73,6 persent minder as die 300,5 miljoen dollar wat in Oktober aangeteken is. Sedert die begin van die jaar is 1 770 bouplanne, ter waarde van 1,41 miljard dollar goedgekeur, amper 25 persent laer as in dieselfde periode van 2022 en 17 persent laer in monetêre waarde.