Ware matriek slaagsyfer is 52%, sê ATM

Die African Transformation Movement sê hy neem kennis van die styging van 2,8 persentasiepunte  in die 2023-matriekklas se slaagsyfer. Hy voeg egter by die ware syfer is laer wanneer die definisie verbreed word om die getal in te sluit wat oorspronklik in graad een ingeskryf het. Verlede jaar se matriekslaagsyfer is 82,9 persent, wat hoër is as die 80,1 persent in 2022. ATM se nasionale woordvoerder, Zama Tshona, sê verslae toon sowat 1,2 miljoen leerders het in 2012 skool begin, maar slegs 572 983 het matriek geslaag, en dit is 52 persent van die oorspronklike syfer.