Jannik Sinner mik na Aussie Ope titel

Tennis: Die verdedigende vrouekampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, en Coco Gauff van Amerika is gemaklik deur na die vierde ronde van die Australiese Ope. Die tweede gekeurde Sabalenka het Lesia Tsurenko van Oekraïne met 6-stroop, 6-stroop verslaan terwyl die vierde gekeurde Gauff ʼn oorwinning van 6-stroop, 6-2 oor haar landgenoot, Alycia Parks, behaal het. In die mans-afdeling het die vierde gekeurde Italianer, Jannik Sinner, Sebastian Baez van Argentinië verslaan om die derde agtereenvolgende jaar deur te dring na die ronde van 16. Sinner mik na sy eerste Grand Slam-titel.