TotalEnergies gaan aardgas-projek in Mosambiek hervat

TotalEnergies gaan ‘n vloeibare-aardgas-projek ter waarde van 379 miljard Namibiese dollar in Mosambiek hervat ná ‘n drie jaar stilstand weens militante bedrywighede. Die Internasionale Monetêre Fonds sê veiligheidstoestande in die noorde toon verbetering, met die oog op produksie in 2027. Die Fonds waarsku egter ten spyte van vordering, bly maatskaplike toestande broos.