Madiba se goed gaan onder die hamer

Die dogter van die ontslape oudpresident Nelson Mandela, Makaziwe Mandela, gaan volgende maand sy identiteitsboekie en 69 ander items laat opveil na ʼn regstryd van twee jaar teen die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Erfenisbronne. Makaziwe het geseëvier nadat die agentskap die verkope wou stopsit, want dit word as erfenisvoorwerpe beskou. Die afslaer van New York, Guernsey Auction House, sal 100 items aanbied en die opbrengs sal aangewend word vir ʼn tuin van herinnering by Mandela se grafsteen in Qunu, in die Oos-Kaap. Die veiling sluit in Mandela se briewe uit die gevangenis, ʼn wandelstok, Madiba-hemde en geskenke.