60% tekort aan witmielies moet wekroep wees

McHenry Venaani, leier van die PDM, maan die regering om stappe te neem om selfversorgend met voedselproduksie te raak. Hy sê die berigte dat ‘n 42 persent oes vanjaar verwag word, met ‘n tekort van 60 persent van ons vraag na witmielies moet ‘n wekroep wees. Daar is vroeër berig dat net 11 000 hektaar uit ‘n totaal van 52 000 hektaar grond wat besproei kan word, word tans in Namibië benut. Van die totaal is die 5 000 hektaar wat by Neckartaldam geïdentifiseer is en nog nie op dreef is nie, is ingesluit. Pogings om produktiwiteit by groenskemas te verbeter vorder ook stadig met net twee uit 11 skemas wat reeds in vennootskap met die privaatsektor is. ‘n Skema soos Etunda kan twee keer ‘n jaar mielies plant en sou hy al sy grond benut, kan die skema tot 10 000 metrieke ton oes. Vanjaar word 600 ton verwag.