Gaza hospitale stort ineen
‘n Wêreldgesondheidsorganisasie-koördineerder, Sean Casey, sê die toestand in Gaza se oorblywende hospitale is onrusbarend en pasiënte wag om te sterf weens ernstige tekorte aan personeel en voorrade. Casey sê die gesondheidstelsel gaan vinnig agteruit te midde van toenemende humanitêre hulp, maar dalende toegang, veral in die noorde, met pasiënte wat in hospitale sonder brandstof, krag en water moet wag. Die Nasser mediese kompleks in die suide werk met slegs 30 persent van die personeel maar dubbeld die gewone aantal beddens. Meer as 24 000 Palestyne is reeds dood. Casey vra ‘n dringende wapenstilstand in Gaza om die verergerende humanitêre ramp te stuit.