Handelstekort moet reggeruk word

Die handelstekort het in November effe gedaal van 4,5 miljard Namibiese dollar in Oktober tot 4 miljard dollar maar, vertoon uiters sleg vergeleke met 2022 se syfer van 2,8 miljard dollar wat in dieselfde tydperk aangeteken is. Volgens Simonis Storm dui die data op ‘n komplekse scenario waar korttermynverbeterings oorskadu word deur meer wesenlike langtermynwanbalanse. Kosmos 94.1 Nuus het met Max Rix, hoof van navorsing by Simonis Storm, gepraat oor wat die langtermyn-wanbalanse is en hoe die handelstekort reggestel kan word.