Posseël vir Bokke se Wêreldbeker oorwinning
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor herdenk die Springbokke as wêreldkampioen van 2023 met ‘n spesiale stel internasionale en standaard-posseëls. Die standaard-seël beeld ‘n rugbyveld uit met ‘n goue rugbybal gestel vir ‘n strafskop. Die internasionale seël wys ‘n goue rugbybal omring met ‘n tipografiese ontwerp met die woorde World Champions 2023 en die datums van die Bokke se vorige drie oorwinnings. Die Poskantoor beklemtoon die waarde van die seëls vir versamelaars én gebruikers.