Internasionale steun vir SA se saak teen Israel groei, sê Al Jama-ah

Al Jama-ah het ‘n oorwinning vir Suid-Afrika geëis, aangesien die Verenigde State en Israel sekere beskuldigings teen Hamas teruggetrek het. Die party sê hy neem kennis van die groeiende internasionale steun vir Suid-Afrika se stap om Israel na die Internasionale Geregshof in Den Haag te neem oor beweerde volksmoord op Palestyne. Die party se leier, Ganief Hendricks, dring aan op die voortsetting van die solidariteitsveldtog ter ondersteuning van Palestina.