Twee vas vir N$2 miljoen Opuwa diefstal
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die diefstal van aanvanklik 200 miljoen Namibiese dollar by Bank Windhoek se tak in Opuwo op 13 Januarie. Die 34-jarige Untag Kamati en 19-jarige Fenni Megameno Ankoshi het reeds in die Opuwo landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en diefstal. Hulle is nie borg toegestaan nie en die saak is uitgestel tot 11 April vanjaar vir verdere ondersoek. Die hoof-verdagte, Nico Hijendepi Rebebe, is nog op vrye voet en Bank Windhoek bied ‘n beloning van 20 000 Namibiese dollar aan vir inligting wat sal lei tot sy arrestasie. Die bank het vroeër die week gesê die skade is beperk tot sowat 2 miljoen dollar, weens robuuste stelsels en kontroles, en vinnige optrede deur personeel nadat Rebebe, wat by die bank gewerk het, 200 miljoen dollar na twee rekeninge oorbetaal het en toe verdwyn het.