China se bevolking word al hoe minder

China se bevolking het verlede jaar vir die tweede agtereenvolgende jaar gedaal, wat vrae laat ontstaan oor die land se toekomstige groei. Die Nasionale Buro vir Statistieke skryf die daling in geboortes en styging in sterftes toe aan ʼn verslapping van Covid-19-beperkings. Die buro sê die geboortekoers is die laagste sedert die stigting van Kommunistiese China in 1949, met nege miljoen babas wat in 2023 gebore is, die helfte van die geboortesyfer van 2016. Sterfgevalle het gestyg tot 11,1 miljoen. Die regering het oproepe herhaal vir groter gesinne om demografiese uitdagings die hoof te bied.