Foto van ‘n voël wat op bruid se kop land, wen internasionale troufotograaf van die jaar

‘n Ongelooflik foto van ‘n voël wat op ‘n verskrikte bruid se kop land, het die 7de Internasionale Troufotograaf van die Jaar-toekenning gewen.

Fotograaf Tara Lilly van Whistler, Kanada, het die eerste plek verower onder 1 700 foto’s wat in 11 kategorieë ingedien is deur meer as 300 troufotograwe van regoor die wêreld.

Me. Lilly se skoot is ingeskryf in die kompetisie se “Single Capture”-kategorie, waarvan die reëls vereis het dat geen inskrywing gemanipuleer of ge-photoshop kan word, behalwe standaard aanpassings aan kleur en lig blootstelling nie.

Foto: Mixi