VF Plus betreur toestand van water-infrastruktuur

Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni doen ʼn beroep op die stad om dringend in te gryp nadat ʼn pyp in Kemptonpark gebars het. Die party het sedert 1 Januarie reeds 35 water-lekplekke by die stad se water-departement aangemeld. Jean Kriek van die VF Plus sê die werklike syfer is waarskynlik heelwat hoër omdat inwoners foute ook by die metro se dienssentrum aanmeld.