Business Insider berig dat Google besig is om honderde werkers af te dank

Die besnoeiings is meestal in die groot kliënte verkoop-span, wat die maatskappy se grootste advertensie kliënte bedien. Die verslag noem dat baie van hulle werknemers afgedank of verskuif word omdat kunsmatige intelligensie hulle vervang. Google het die afgelope tyd Google Ads sy belangrikste produk met KI-kenmerke verpak. Die een is chatbot wat mense help om die groot verskeidenheid advertensie-produkte te navigeer, die ander is ‘n stelsel wat net advertensie-bates soos beelde en teks op sy eie kan maak op grond van ‘n begroting en doelwitte wat deur die advertensie kliënt verskaf word. Google se KI-advertensie stelsel is deel van ‘n produk genaamd “Performance Max” wat werk deur jou advertensies outomaties te vermeng en aan te pas deur die klik-tempo as ‘n terug-voer-stelsel te gebruik. Google het vroeër werkers opleiding gegee, maar nou kan KI dit duisend keer per sekonde doen.

Foto verskaf: Getty Images | Alexander Koerner