AfriForum waarsku weer oor Bela-wetsontwerp

AfriForum verwelkom die uitstel van die spertyd van 19 Januarie vir die publiek in die buurland om skriftelike voorleggings in te dien oor die Wetsontwerp op Wysiging van die Basiese Onderwyswette. Die spertyd is nou 31 Januarie. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Alana Bailey, sê indien die Bela-wetsontwerp in sy huidige formaat goedgekeur word, sal die besluitnemingsbevoegdhede van gemeenskappe en ouers ten opsigte van baie belangrike aspekte van hulle kinders se opvoeding, beëindig word.