Humanitêre hulp in Jemen bemoeilik met gevegte

‘n Koalisie van 23 hulporganisasies wat binne Jemen werksaam is, het gewaarsku dat militêre opbou hul vermoë om kritieke dienste in die land te lewer, verder gaan belemmer. Dit volg nadat Amerika en Brittanje verlede week lugaanvalle op Houthi-militêre teikens uitgevoer het, nadat hulle in November verlede jaar begin het om vragskepe in die Rooi See aan te val. In reaksie op die aanvalle moes sommige humanitêre organisasies noodgedwonge hul bedrywighede opskort weens veiligheids- en sekuriteitsoorwegings. Ongeveer 21 miljoen Jemeniete, of twee derdes van die bevolking, steun op hulp om te oorleef.