Al hoe meer huishoudings kry honger

Die jongste opnames toon dat teen Maart vanjaar sal 26 persent van Namibiërs nie genoeg kos hê om te eet nie en in die Oshana-streek steek die probleem reeds kop uit. Die goewerneur, Elia Irimari sê die uitdaging raak by die dag erger. Op Oshakati het 6 560 mense dringend droogte hulppakkies nodig met Ongwediva wat reeds 1 000 mense geregistreer het. Op Ondangwa is daar meer as 2 000 wat dringend kos nodig het. Die streeksraad sê hy het reeds 134 000 Namibiese dollar bestee op mieliemeel, olie en blikkies vis vir die drie dorpe.