GOOD is vies vir Stad Kaapstad vir sy ondersteuning van Israel

Die GOOD Party sê die Stad Kaapstad moet ophou om agter sy verordeninge te skuil en inwoners in sy vertroue neem oor die faktore agter sy sogenaamde teen-Palestynse obsessie. Die stad het hom kritiek op die hals gehaal oor die nuwe Buitenshuise Advertensie-verordening wat na bewering die openbare vertoon van Palestynse vlae en tekens verbied. Janke Tolmay van die GOOD Party sê enige stad wat uitdrukking van ondersteuning vir geregtigheid bekamp, verdien nie die respek of ondersteuning van sy inwoners nie: