Afcon: Bafana verloor, Warriors wen

Bafana Bafana het hulle Afcon-veldtog in Ivoorkus met ʼn nederlaag afgeskop toe hulle met twee-nul teen Mali verloor het. Percy Tau het in die eerste helfte met ʼn strafskop misluk, met Hamari Traore en Lassine Sinayoko se doele wat aan Mali drie punte op die punteleer besorg het. Suid-Afrika is nou laaste in Groep E. In die ander groepwedstryd het Namibië teen alle verwagting in ‘n oorwinning behaal, toe Deon Hotto se kopskoot laat in die wedstryd tot ʼn sege oor die 2004-kampioene Tunisië gelei het. Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, gee redes waarom hulle verloor het:

Die Brave Warriors en Bafana Bafana speel Sondagaand om 10-uur in hulle Groep E wedstryd.