Windhoek se water word al hoe minder
Inwoners van Windhoek moet begin water bespaar. Stad Windhoek sê die weeklikse teiken van 10 persent besparing word weekliks oorskrei. Die stad beleef kategorie C-waterskaarste en die sentrale damme is slegs 22,6 persent vol. Inwoners moet liefs nie meer as 50 liter water per persoon per dag gebruik nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya, gepraat.
Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die stad volgende maand ‘n waterbesparings-veldtog sal loods.