Bafana Bafana het goeie afskop nodig by Afrikabeker

Sokker: Bafana Bafana is weer terug in die Afrikabekertoernooi nadat hy nie vir 2021 se toernooi in Kameroen kon kwalifiseer nie. Suid-Afrika speel vanaand tien-uur sy eerste groepswedstryd teen Mali in die Ivoorkus. Die ander groepswedstryde is Sondag teen Namibië en volgende Woensdag teen Tunisië. Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, sê ‘n goeie afskop is noodsaaklik.