Internet groei in Afrika, maar Namibië moet nog opvang

Afrika het die vinnigste groei van internasionale internetbandwydte ervaar, met ‘n saamgestelde jaarlikse koers van 44 persent tussen 2019 en 2023, volgens ‘n verslag deur TeleGeography. Die telekommunikasie marknavorsingsmaatskappy voorspel ‘n saamgestelde groei van 42 persent in Afrika tussen 2022 en 2029, wat die verwagte globale gemiddelde van 32 persent oortref. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels, wat sê Namibië het nog ‘n lang pad om te stap in terme van behoorlike internet-infrastruktuur.