Nobelpryswenner vir Vrede se tronkstraf verleng

Die Iranse Revolusionêre Hof het die Nobelpryswenner vir Vrede, Narges Mohammadi, se tronkstraf met 15 maande verleng. Sy dien ‘n vonnis van 12 jaar uit nadat sy skuldig bevind is aan die verspreiding van propaganda teen die Islamitiese Republiek terwyl sy in aanhouding was. Die bekende meseregte-aktivis is al 13 maal tronk toe gestuur. Haar familie het die uitspraak veroordeel en beklemtoon dat dit haar vyfde vonnisoplegging is sedert Maart 2021. Hulle sê hulle is bekommerd oor die behandeling van menseregte-aktiviste in Iran.