Kenia, Tanzanië baklei oor lugvaart

Die ministers van buitelandse sake van Tanzanië en Kenia het ingestem om die dooiepunt tussen die twee lande se lugvaartmaatskappye in die volgende drie dae op te los. Dít nadat Tanzanië verklaar het hy sal Kenyan Airways keer om met ingang van 22 Januarie tussen Nairobi en Dar es Salaam te vlieg. Die besluit was in reaksie op Kenia wat ‘n versoek deur Tanzanië geweier het om vragvlugte tussen Nairobi en derde lande te bedryf. Tanzanië beweer Kenia het vyfde vryheid-regte geskend, wat ‘n lugredery toelaat om verkeer tussen twee lande buite sy eie te vervoer indien die vlug in sy eie land begin of eindig.