Skok saak oor poging tot moord weer in die hof

George Kashava, 51, verskyn weer vandag in die landdroshof in Katutura op twee klagtes, poging tot moord en sameswering om iemand moord te laat pleeg. Kashava wou volgens die staat, sy 29 jarige seun laat vermoor sodat hy die 2 miljoen Namibiese dollar se dekking op sy lewe, kon eis. Hy het mense betaal om sy seun te vermoor maar, hulle het die polisie ingelig. Adjudant-offisier Silas Shipandeni het die besonderhede in Oktober, toe Kashava sy eerste verskyning gemaak het so met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.