Messi vat Fifa-spelertoekenning

Argentinië en Inter Miami se voorspeler, Lionel Messi, het die toekenning vir beste manspeler van die jaar ontvang by die Fifa Best Awards in Londen. Die toekennings gee erkenning aan die beste presteerder tussen 19 Desember 2022 en 20 Augustus 2023. Manchester City se bestuurder, Pep Guardiola, wat die span in die vorige seisoen tot ʼn driekuns gelei het, is aangewys as beste mansafrigter. City se Ederson het die doelwagter-toekenning opgeraap. Engeland se vrouespanbestuurder, Sarina Wiegman, is afrigter van die jaar terwyl Mary Earps van Manchester United vir die tweede agtereenvolgende jaar die beste doelwagter is.