Cholera: SA op hete kole

Die gesondheidsdepartement in Tshwane sê hy is op ‘n hoë gereedsheidsvlak vir ‘n moontlike uitbreking van cholera met inwoners wat terugkeer uit alle dele van die land en die buurlande. Met fabrieke en skole wat heropen, het die departement voorkomende maatreëls en gesondheidsopvoedings-maatreëls ingestel. Hoewel geen gevalle tot nog toe in Tshwane aangemeld is nie, word inwoners gemaan om waaksaam te wees teen simptome soos waterige diarree, braking en spierkrampe. Die burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Rina Marx, sê uitbraak-reaksiespanne is gereed om vinnig op te tree.