Verlengde Agoa goed vir Namibië, maar nie SA
Amerika het ‘n voorlopige ooreenkoms bereik met Afrika-lande om die voorkeur-handelstoegang, bekend as Agoa, met nog ‘n dekade te verleng, hangende goedkeuring deur die Kongres. Meer as 30 Afrika-lande, waaronder Namibië, sal kan voortgaan met aksynsvrye uitvoere na die Amerikaanse mark. Kosmos 94.1 Nuus het met Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool gepraat wat sê die ooreenkoms sal Suid-Afrika benadeel, maar dit sal ander Afrika-lande tot voordeel strek.