‘Ontskoling’ vat pos in SA

Sommige Suid-Afrikaanse ouers ondersoek ʼn ongewone manier van onderrig wat “ontskoling” genoem word. Dit beteken kinders word nie beperk tot tradisionele klaskamers, vakke, skoolkwartale of assessering nie. Die Reimagined Learning Community beywer hom vir ʼn meer buigsame en kindgesentreerde benadering tot onderwys. Die stigter, Chevanni Davids, sê ouers word al meer aangetrek na ontskoling-onderwysmodelle om aan hulle kinders se unieke leerbehoeftes te voldoen.