DA soek verslag by KSA oor Teeger-kwessie

Krieket: Die DA het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by Krieket Suid-Afrika ingedien vir sy verslag van risikobepaling ná die besluit om David Teeger se kapteinskap van die Onder 19-krieketspan te ontneem. KSA sê dit is gedoen weens ‘n sekerheidsbedreiging en het die kapteinskap aan Juan James toegeken vir die Wêreldbekertoernooi wat Vrydag in Suid-Afrika begin. Teeger is steeds in die span. Veronica van Dyk van die DA sê die party eis deursigtigheid van Krieket SA met die aansoek.