SA Inkomstediens maak saak teen Phala Phala buffelkoper

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ʼn strafregtelike saak teen die Sudannese sakeman Hazim Mustafa aanhangig gemaak. In Desember 2019 het hy 20 buffels vir 10,82 miljoen Suid-Afrikaanse rand kontant op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo gekoop. Ramaphosa het gesê dit was Mustafa se geld wat in Februarie 2020 op sy plaas gesteel is. Volgens media in die buurland, berus die saak op ʼn dokument, vermoedelik ʼn afskrif van die verklaring van buitelandse valuta, wat Mustafa aan die polisie en inkomstediens gegee het. Die vermoede bestaan dat die dokument vals is.