Groot opgewondenheid by TotalEnergies

Internasionale media berig dat TotalEnergies binne die volgende paar dae sal weet of sy Mangetti 1X-put ‘n sukses is of nie, maar kenners meen dat hy dalk die uitslae nog eers geheim sal hou. Die maatskappy berei ook voor vir 3D-seismiese data oor twee gebiede in die suidelike deel van blok 2913B wat moontlik meer bronne as die hoogs suksesvolle Venus put bevat. Die Venus 1A-put put word nou beoordeel terwyl die Deepsea Mira Venus 2A boor en die Tungsten Explorer die Mangetti 1X-put voltooi.