Behuising vorder in Erongo

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië en Erongo RED het verlede jaar twee-en-dertig huise geëlektrifiseer wat deur die Shackdwellers Federation gebou is. Volgens ‘n memorandum van verstandhouding tussen Erongo RED en die fonds, sal hulle mekaar se pligte en funksies met betrekking tot sonkrag-elektrifisering aanvul om geïdentifiseerde gemeenskappe in die Otjozondjupa-, Kunene- en Erongo-streke te voorsien van sonkraginstallasies. Neville Andre, die goewerneur van die Erongo-streek, het met Kosmos 94.1 Nuus oor vanjaar se planne gepraat.