Zim vertoon swak in menseregte, vryheid

In die jongste Menseregte-vryheidsindeks wat verlede jaar verskyn het word Zimbabwe uitgelig as een van die swakste lande ter wêreld wat betref die bevordering en beskerming van menseregte. Die land is in die 153ste plek, uit 165 lande. Die verslag, wat saamgestel is deur Think Tank, gee ‘n omvattende beoordeling van die vryheid van mense wêreldwyd. Dit toon ‘n agteruitgang in Zimbabwe se menseregteklimaat, met die regering wat minimale stappe doen om regte te verseker of iets te doen aan vergrype uit die verlede. Die regerende Zanu PF het dié verslag verwerp.