Trump duidelike voorloper in Iowa

Agt-en-sestig-persent Republikeine en die party se onafhanklikes sê oudpresident Donald Trump is die kandidaat met die beste kans om in November verkies te word. Dit is volgens ʼn peiling wat Langer Research Associates vir ABC gedoen het. Nikki Haley kry 12 persent en Ron DeSantis 11 persent. Altesaam 54 persent van dié wat aan die peiling deelgeneem het, sê Trump is die beste gekwalifiseer om as president te dien en 45 persent het hom gekies as die kandidaat wat hulle waardes die beste verteenwoordig. Dit is in aanloop tot vandag se koukusse in Iowa.