Denemarke se koningin Margrethe abdikeer

Denemarke slaan vandag ‘n nuwe blaadjie om wanneer koningin Margrethe abdikeer en haar 55-jarige seun koning Frederik die Tiende word. Meer as 100 000 Dene sal na verwagting opdaag vir die ongekende geleentheid. Die uiters gewilde 83-jarige koningin sal vanmiddag uit haar woning in Kopenhagen se Amalienborg-paleis vertrek vir ‘n kort koetsrit na die Christiansborg-paleis, waar die regering en die parlement gesetel is en waar sy die abdikasieverklaring sal onderteken. Dit beëindig haar heerskappy van 52 jaar en is slegs die tweede keer dat ‘n Deense heerser uittree.