Dlamini-Zuma tree na 30 jaar uit

ANC senior nasionale uitvoerende komiteelid en minister in die Presidensie, Nkosazana Dlamini-Zuma, het haar voorneme aangekondig om na 30 jaar as parlementslid uit te tree. Haar besluit val saam met die ANC se deurlopende onderhoude vir sy parlementêre lyste. Dlamini-Zuma is een van die ANC-se langsdienende parlementslede, en is sedert 1994 in die kabinet. Sy het ook van Nelson Mandela se ampstermyn af onder al vyf presidente gedien.