Dapper Leeus verloor eerste Uitdaagbeker-wedstryd

Rugby: Die Leeus het met een van hulle dapperste verdedigingspogings teen Montpellier vorendag gekom, maar dit was nie genoeg om te keer dat hulle hul eerste wedstryd in die Uitdaagbeker verloor nie. Montpellier het die Leeus met 13-3 geklop. Die tuisspan het twee onverdoelde drieë gedruk en met ‘n strafskop geslaag, teenoor ‘n strafskop deur die besoekers.