Krieket SA morele lafaarde en skandelik: Piers Morgan
Krieket: Die Britse mediapersoonlikheid Piers Morgan het Krieket Suid-Afrika uitgekryt as morele lafaarde nadat hulle die Onder-19 kaptein David Teeger sy pos ontneem het te midde van kommer oor betogings. Volgens Krieket Suid-Afrika het die besluit gevolg nadat die Joodse speler omstredenheid uitgelok het met sy opmerkings oor die konflik tussen Israel en Gaza. Krieket SA betoog die besluit was om die moontlikheid van konflik of geweld deur betogers op die Onder-19 Wêreldbeker te verhoed. In reaksie op die verklaring het Morgan die besluit bevraagteken, en die beheerliggaam se standpunt skandelik genoem.