Amerika val Houthi-radarterrein aan

Die Verenigde State het nog ‘n missiel-aanval teen Jemen se Houthi-magte uitgevoer, nadat president Joe Biden belowe het om skeepsvaart in die Rooi See te beskerm. Die jongste aanval het glo ‘n radarterrein geteiken. Hommeltuigmateriaal op die Houthi’s se Al-Masirah TV wys hoe honderde duisende mense in Jemen se hoofstad, Sanaa, slagspreuke sing wat Israel en Amerika veroordeel. Mohammed Ali al-Houthi, ‘n lid van die Houthi Hoogste Politieke Raad, sê Amerika is die duiwel en sy aanvalle op Jemen is terrorisme.