Verhoogde registrasiefooie moeilik vir sommige studente

Die Namibië Nasionale Studente Organisasie, Nanso, se vise-president, Luciano Kambala, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoër onderwys-instellings se registrasiefooie wat verhoog is. Die Universiteit van Namibië het reeds hul prysverhoging aangekondig, terwyl die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie nog moet bevestig wat hul fooie sal wees. Volgens Kambala is Nanso besig om met die hoër onderwys-ministerie te praat oor die verhogings, want sommige studente sal hulp moet kry.