Israel beweer hy word onregverdig beskuldig van gruweldade

Israel se justisie-ministerie sê Hamas het die land onregverdig beskuldig van gruweldade in Gaza. Israel weerlê Suid-Afrika se aanklag van volksmoord nadat beskuldigings van die skending van die Volksmoord-konvensie van 1948 voor die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland, gebring is. Israel se regsverteenwoordiger, Galit Raguan, het beeldmateriaal vertoon, insluitend van Hamas wat skole en hospitale gebruik. Sy beweer Hamas gebruik gereeld burgerlike terreine om vuurpyle af te vuur.