Gru-voorval van babastorting aangemeld

Die Oshikoto-polisie meld ‘n gru-voorval van babastorting aan. ‘n Vrou wat werksaam is by ‘n Omuthiya-kroeg het blykbaar Donderdagaand by haar werk geboorte geskenk aan ‘n baba en die kind onder haar bed in haar kamer, wat by die shebeen is, versteek. Die baba is dood. Die streeksbevelvoerder Theopoline Kalompo-Nashikaku het die besonderhede.