Groente- en vrugte-produsente sulke met toegang tot markte

Waatlemoenprodusente regoor die land is dit eens dat vanaf Desember, is daar ‘n oorvloed van die produk in die mark, ook by informele handelaars. Laasgenoemde sê aan plaaslike media dit sukkel veral omdat daar talle afsetpunte is en eerstens moet hulle pryse afbring maar, die grootste uitdaging is die behoud van hulle oeste omdat hulle geen bergingsgeriewe of koelkamers het nie. Meeste van die vrugte en groente produsente, veral in die noordelike gebiede, sê hulle het dieselfde uitdaging en sukkel met toegang tot formele markte waar hulle aflewerings kan maak en nie verder oor die produkte hoef te bekommer nie. Terwyl die Kleinhandel Handves reeds in 2016 geïmplementeer is en wat beywer vir marktoegang vir plaaslike produkte, blyk dit nie om te werk nie, ook nie vir aankope deur die regering nie.