Almal moet hulle agter die Brave Warriors skaar

Die adjunk-sportminister Emma Kantema-Goamas het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die Afcon-toernooi wat môre in die Ivoorkus begin. Die Brave Warriors het reeds in die land aangekom en is saam met Suid-Afrika, Tunisië en Mali in groep E ingedeel. Die Namibiërs speel Dinsdag hulle eerste wedstryd teen Tunisië. Kantema-Gaomas sê elke Namibiër moet bankvas agter die span staan.