Houthi’s sê aanval sal vergeld word

Dit Britse minister van verdediging James Heappey sê die aanvalle deur Brittanje en die VSA op Houthi vestings in Jemen was nodig omdat die rebelle oorlogskepe van die koalisie van lande wat die Rooisee moet beskerm, aangeval het.

Intussen sê die Houthi-leier Abdel-Malik al-Houthi, in ‘n toespraak wat pas uitgesaai is, dat die aanval ‘n reaksie sal kry en dat daardie reaksie groter sal wees as die aanval wat op hulle uitgevoer is. Kenners meen dat daar ‘n baie goeie kans is dat die konflik in die gebied kan uitbrei.