Verbruikers uitgebuit deur misdadigers

Die Oshana-polisie waarsku oor bedrieërs en misdadigers in veral Oshakati en Ondangwa. Volgens die mag se inspekteur Thomas Aiyambo word mense beroof met die belofte van goedkoper skryfbehoeftes, vis, en ander goedere. Die goedere is blykbaar te koop agter in die inkopiesentrum. Wanneer die lede van die publiek dan daar aankom word hulle beroof. Aiyambo voeg by dit gebeur ook met mense wat voordoen hulle kan nie Engels praat nie en het hulp nodig met aanwysings of om ‘n pakkie af te lewer.