NWR gesels oor ondersteuning deur Namibiërs oor feestyd

Namibia Wildlife Resorts het verlede jaar teleurstelling uitgespreek oor die relatief klein aantal Namibiërs wat reisgeleenthede binne die land benut. Van November 2022 tot November verlede jaar het byna 512 000 toeriste Namibia Wildlife Resorts se fasiliteite besoek, waarvan slegs 22 622 Namibies was. Dit is nie bekend of die berugte swak diens en infrastruktuur die rede vir die lae plaaslike ondersteuning was nie. Die syfers kan ook ‘n aanduiding wees van die ekonomiese druk wat Namibiese huishoudings ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die liggaam se woordvoerder, Nelson Ashipala, gesels oor die aantal Namibiese toeriste wat hul oorde oor die feesseisoen besoek het.